Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verdeling is wat ons land nie nodig het nie

“Suid-Afrikaners se lewens maak saak, asseblief” is die opskrif van Charles Smith se rubriek (23.07).

Inklusief, onaanvegbaar, versoenend. ’n Hulpkreet in hierdie dae met mense op voetsoolvlak wie se lewens uitmekaar val weens ’n korrupte en onbekwame regerende party.

Toegegee, om te sê “black lives matter” is nie verkeerd nie. Dit kan en mag nooit ontken word nie dat swart mense se lewens vir dekades bitter min werd was in hierdie geknelde land.

My probleem met die huidige tendens rondom hierdie slagspreuk is dat dit ontaard het in ’n beweging gelaai met dogma en ideologiese innuendo.

Soos Smith uitwys, begin jy uitsluit en verdeel as so iets nuttige retoriek word om politieke agendas te dien.

En verdeling, veral op die grond van ras, is presies wat ons land nie nodig het nie.

Ek wil ander lesers aanmoedig om Frans Cronjé se nuwe boek, The rise or fall of South Africa, te lees en kennis te neem van die tesis “chosen glory” versus ‘chos­en trauma”.

Hierdie tesis onderlê die dogma van slagofferskap wat ewe maklik nuwe verontregting kan meebring.

Daar is ongelukkig rassiste wat wegkruip agter “All Lives Matter”.

Die feit van die saak is: Ekstremiste en randfigure moet nie toegelaat word om ons nasiebou-projek te ondermyn nie.

Dit moet ons ook nie weerhou om werklik vir die menswaardigheid van alle mense se lewens te staan nie.

Meer oor:  Charles Smith  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.