Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vergeet van geduld as jy oortree

Iemand moet vir Chris Thomas (07.11) die verskil leer tussen “Godsdiens” en die Christelike geloof wat ’n “verhoudingsbelewenis” is.

Daar is mense in hierdie land wat hulle uit vrye keuse verbind en aan die beginsels van die Koninkryk van God onderwerp het. Dit is nie ’n “laat maar loop”-verhouding nie.

Net soos daar wette in hierdie land is wat deur mense opgestel is, het die Koninkryk van God reëls wat deur God ingestel is. As jy die land se reëls oortree, kan jy nie aanspraak maak op ’n “verdraagsaamheid” wat Chris Thomas nou bepleit nie. In hierdie lewe moet jy pa staan vir elke keuse wat jy maak.

Ons land het reëls en die Koninkryk het reëls. As die reëls bots, moet elkeen besluit waar sy/haar lojaliteit lê.

’n Omgewing waarin elkeen kan doen wat in sy oë reg is, is glad nie ’n demokratiese staat of ’n Koninkryk nie.

Chris Thomas moet maar terreine vermy waar “doen maar soos jy lus het” deur reël­s gekonfronteer word.

Meer oor:  Geloof  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.