Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verhaal oor kind gee hoop

Die bydrae van Jaco Strydom, is iets waaroor ek ook die laaste tyd baie dink.In my leefwêreld kruis my pad dikwels die lewe van bevoorregte enminderbevoorregte kinders . Laasgenoemde groep kinders wat glad nie beskerm en geborge is soos kinders veronderstel is om te wees nie. Soos hulle in Engels sê: Dit is maar jou “luck” waar die meetsnoere vir jou geval het. Dit gryp my telkens aan as ek sien hoe maatskaplike werkers ingryp in dié kinders se lewe. mishandelde, verwaarloosde en verlate kinders se lewens en in beter omstandighede geplaas word. Nie almal kry daardie kans nie. soos John (straatkind) in Jaco Strydom se verhaal nie.

Verlede week was dit Internasionale Aannemingsdag en het ek na die verhaal geluister van ’n man wat reeds baie bereik het en in die middel van die Vrystaat grootgeword het.

Hy en sy vrou het ’n swart meisie aangeneem. Ek het gewens die hele Suid-Afrika kon sy ervaring hoor. Dat hulle net daar kan wees om liefde aan ’n onskuldige kind in nood te gee.

Dit het my tog weer ’n sprankie hoop gegee vir ’n droom dat die mense van ons land mekaar aanvaar.

Op die vooraand van die Sestien dae van Stop Geweld teen kinders en vroue pleit ek wees mekaar genadig, hou jou oë en ore oop en meld aan by jou plaaslike welsynsorganisasie vir hulp vir kinders en gesinne in nood.

Meer oor:  Kinders  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.