Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verhoging vir raadslede onsensitief

Die inperking weens die korona- pandemie saai ekonomiese verwoesting. Feitlik daagliks hoor ons van besighede wat hul deure moet sluit, mense wat hul werk verloor, ander wat ’n verminderde salaris moet aanvaar, afgetredenes wat van ’n rente op hulle beleggings afhanklik is en wie se inkomste daal, ensovoorts.

Daarom was dit verstommend om te lees dat Kaapstad se stadsraadslede pas aan hulself ’n salarisverhoging toegestaan het (29.05). ’n Mens sou eerder wou lees dat die stadsraad sal herbesin oor sy begroting en kyk waar bespaar kan word ten einde belastingbetalers in hierdie moeilike tyd tegemoet te kom.

Die raadslede sal seker allerlei redes aanvoer waarom die verhoging noodsaaklik is. Die boodskap wat hulle oordra is egter: Ons gee nie ’n flenter om vir die belastingbetalers se swaarkry nie, solank ons eie nes maar net geveer word.

Dit is ook darem nie so dat die raadslede sonder die verhoging gebrek sou ly nie, want ons as Kaapstad se belastingbetalers betaal ons werknemers goed.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Stadsraad  |  Verhoging  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.