Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verkeersman vra toe ‘koeldrankgeldjies’

Korrupsie het soos kanker deur die land versprei. Hoe anders as ’n president en baie senior amptenare op groot skaal deelneem?

Dit floreer onder verkeersbeamptes. My suster se dogter en haar gr. 1-seuntjie word in hul BMW naby Vryburg afgetrek. Sy het te vinnig gery en die beampte sê die boete is R1 500, maar sy moet eintlik in hegtenis geneem word. Sy pleit skuldig en vra of die boete nie ’n bietjie kan sak nie. Haar seuntjie wil help en sê: “Oom, ek is baie stout.”

Die beampte gaan raadpleeg eers sy kollega. Dan kom vra hy hoeveel geld sy het. Sy het intussen sy naam neergeskryf en toe sy sien hy het sy naamplaatjie verwyder, noem sy hom op sy naam. Sy lig hom in dat sy die gesprek opneem. Hy verander hand-omkeer en waarsku haar net.

My bejaarde vrou is onlangs afgetrek. Toe die beampte sien die voertuiglisensie het verval, vra hy R1 000 boete. Sy sê sy het nog 21 dae grasie ná die vervaldatum.

Hy het wragtie toe die vermetelheid om R20 “koeldrankgeldjies” te vra, wat sy toe tot my spyt gegee het.

Meer oor:  Lesersbrief  |  My Stem  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.