Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verkies nuus nog

Ek lees Dana Snyman se rubriek (20.02) oor koerante met belangstelling en begrip.

Wees nou maar eerlik, die meeste mense koop ’n koerant tog vir nuus; of dit nou politiek, skandaal, hartseer of wêreldnuus is.

Dana, sommige mense is erg naïef as hulle dink dat julle (onware) stories publiseer.

Hoewel jy ’n ryke verbeelding het, kan jy tog nie alles uit jou duim suig nie.

Ek geniet jou “op die man af-” stories terdeë.

Ek het nog nooit digitaal vir Beeld of Rapport ingeteken nie, bloot vanweë die feit dat ek die koerant in my hand wil hê; die reuk van drukkersink, iets om uit te knip of op die hoop koerante te stapel.

Ek lees wel News24 op my selfoon, want dis elke dag se vars nuus.

Ek koop net Saterdae Beeld en Sondae Rapport.

Dankie vir die nuus wat ons huise bereik, hetsy digitaal of op papier.

Meer oor:  Dana Snyman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.