Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verloop van lewe moeilik te begryp

Ek aanvaar graag Barnard Beukman, Beeld-redakteur, se uitnodiging (04.08) om as gewone Suid-Afrikaner my mening te gee.

Deur die verloop van my lewe het ek deur duisende vrae geworstel en probeer antwoorde of oplossings vind. Hoe harder ek probeer het, hoe meer verward het ek geraak.

Net so min as wat ek kan verklaar waar kry die blomme hul kleur, die rose hul geur of wie het die bokmakierie leer roep, net so min sal die mens die verloop van die lewe verstaan.

Wat ek wel deur alles geleer het, is om op te hou wegkruip van die waarheid. Daar is slegs een waarheid en dit is opgeteken in die Skrif, waar daar duidelik gesê word dat daar ’n tyd vir alles is.

Daarom sal ek nie langer toelaat dat iemand soos Julius Malema my ontstel nie. As ek wil haat, sal ek haat, as ek wil gee, sal ek gee, as ek wil praat, sal ek praat. Tog het ek alweer gedink as ek Salomo se wysheid en Elon Musk se geld gehad het, kon ek dalk iewers iemand se lot verlig het.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.