Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vernietiging van SA het begin

Die Demokratiese Alliansie (DA) se probleem, soos al die ander politieke partye in die land, is die feit dat hy geen ekonomiese beleid as ’n alternatief tot die ANC se ideologie van sosialisme en kommunisme het om aan die kiesers te bied nie.

Die DA het nie ’n beleid wat die verdere vernietiging van die ekonomie kan omkeer en die ekonomie weer kan laat groei nie.

Geen politieke ideologie sal slaag as dit nie op die fondasie van ’n kapitalistiese ekonomiese stelsel gebaseer is nie. Dit is die enigste werkbare stelsel in die wêreld wat ekonomiese groei kan skep.

Dit is ’n stelsel wat die private eienaarskap van al die bates en produksiefaktore in die ekonomie erken, en ekonomiese groei deur die winsmotief dryf en skep.

Die politieke strukturele hervormings van die ANC doen presies die teenoorgestelde.

Slegs die regte ekonomiese stelsel kan die politieke probleme oplos wat deur die politieke stelsel self veroorsaak is. Nog verdere politieke strukturele veranderings sal alles net vererger.

As die DA nie daarin slaag om die ekonomiese beleid in die land totaal te verander nie, is enige ander of nuwe politieke ideologie totaal irrelevant.

Dan sal die ANC-regering voortgaan om die land en ons ekonomie binne die volgende drie tot vyf jaar totaal te vernietig.

Veral as die politici self en die meerderheid kiesers in die land dit nie kan verstaan nie.

Die geskiedenis en nuus bewys duidelik hoe ekonomieë van baie lande deur politieke stelsels en diktators vernietig word en hoe dit met gewel­dige lewensverlies gepaardgaan.

Wat is die kans dat Suid-Afrika die uitsondering sal wees?

Die finale aftelling na die totale vernietiging van die ekonomie en die land het reeds begin!

(Brink is ’n onafhanklike landbou-ekonoom.)

Meer oor:  Da  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.