Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verskil sonder om ander te reduseer

Joan Hambidge, Kaapstad, skryf:

In enige polemiek is daar ’n teks, intertekste en ’n subteks. En literatore moet kan verskil; dit hou immers die gesprek aan die gang.

Daniel Hugo se machismo-poging verlede week om Jean Meiring op hierdie blaaie tot fopdosser te reduseer, val helaas plat. ’n Mens dink hier aan studies oor hierdie fenomeen as ’n figuur wat weens ’n komplekse genderposisie sake problematiseer.

Gaan kyk gerus na Camille Paglia se Vamps & Tramps en Marjorie Garber se Vested Interests. En films soos: Some Like It Hot en Priscilla, Queen of the Desert.

Die subteks is egter daar: Meiring het Hugo gekritiseer in Die Burger (2 deser) oor sy rubriek oor Haarhoff en dat dié maar net ’n klassikus moes bly. In Hugo se oorspronklike rubriek verwys hy na sy familie as bekende klassici en kenners. So hy trek ook die aandag na homself waarmee hierdie leser geen probleem het nie.

Maar antwoord eerder op die oorspronklike kritiek of kommentaar as om sélf te fopdos.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Joan Hambidge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.