Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Verslag bevestig Suid-Afrika vryval na benede

M. Grundlingh se brief “Ons regering volg Zimbabwe se voorbeeld” (24.6), oor Suid-Afrika wat weens die beoogde grondonteiening sonder vergoeding en ander faktore dreig om oor die afgrond te stort, lees soos ’n riller.

Hiervolgens word Suid-Afrika dan deel van die spreekwoordelike ashoop waarop Zimbabwe (en waarskynlik Mosambiek ook) hulself bevind.

Die IMD, die Switserse sakeskool in Lausanne, Switserland, het op 17 Junie hul jaarlikse internasionale mededingendheidsverslag gepubliseer.

Dit was geen verrassing nie dat Suid-Afrika die 62ste plek uit 65 lande beklee.

Botswana is hoër as Suid-Afrika op die indeks, en Argentinië en Venezuela net laer as Suid-Afrika.

Die volgende aanwysers word vergelykenderwys as “absoluut power” beoordeel: binnelandse ekonomie, werkloosheid, staatsfinansies, institusionele raamwerke, sakewetgewing, maatskaplike raamwerk, gesondheid, onderwys, produktiwiteit en doeltreffendheid, ingesteldheid en waardes, asook tegnologie.

Daar sal waarskynlik ekonome wees wat bedenkinge het oor die metodologie wat met die IMD se verslag gevolg word, maar die oorkoepelende uiters negatiewe bevindings en die jaarlikse afwaartse neiging (wat skynbaar onstuitbaar voorkom sedert 2017), laat ’n mens se broek bewe van vrees en bekommernis.

Grundlingh is waarskynlik reg as hy sê dat ons amper oor die afgrond is en die bevindings deur die IMD onderskryf hierdie vryval na benede.

Meer oor:  Zimbabwe  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.