Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vertel net die hele geskiedenis

Ek het waardering vir die neiging om die geskiedenis in perspektief gestel te kry en dat nie slegs die sogenaamde “colonial”-standbeelde en -geskiedenis uitgestal moet word nie. Daar moet net seker gemaak word dat die geskiedenis nie selektief gekies word nie.

Wys die pruikdraende, BMW-ryende, selfoongeselsende jongmense álles. Van die Mfecane tot die onderlinge oorloë en moordbendes, die veediefstalle en rooftogte tussen die verskillende stamme en faksies. Verduidelik dat die Matabeles van Zimbabwe eintlik ’n Zoeloefaksie is wat moes hol vir hul lewe om nie soos ander uitgeroei te word nie.

En rig krale op – grashutte, om die pre-koloniale leefstyle tuis te bring aan mense wat snert gevoer word vir die waarheid. Verduidelik dat ’n jong man eers sy durf in ’n geveg moes bewys voordat hy “by die vroue mog ingaan”. Verduidelik dat ’n groot gedeelte van KwaZulu-Natal aan die “gronddiewe” verkwansel is om Dingaan se gesteelde beeste terug te kry – en dit van ander pre-koloniale Suid-Afrikaners en sy eie bloedfamilie boonop.

Beduie ook dat die minerale rykdomme onder die grond sou bly en dat niemand slawe van die Zoeloes en ander stamme gemaak het om in die myne te gaan werk nie, maar dat die nuwe, Westerse bestaan te aanloklik was en die pre-koloniale lewe te goor en dít hulle na die myne gelok het. Dat jy as jongmens eintlik ’n slaaf was van jou boepens-, biersuipende veelwywer van ’n koning aan wie jou belastinggeld tot vandag toe oorbetaal word. Dat die jong vroue (tot vandag toe) verkoop is en word aan mans (lobola).

Die regering is mos eintlik eerlike mense, wat die waarheid sal oorvertel. Ons moet hulle help daarmee.

Bedrog is mos ’n Westerse begrip. En terloops, verduidelik ook wie en wat Helen Zille werklik is. Dat sy voor in die koor met die Black Sash-beweging was en wát dit beteken en dat sy nie gelieg het oor die voordele wat kolonialisme hier nagelaat het nie. Of die mense dit wil erken of nie.

Meer oor:  Standbeelde  |  Gideon Fourie  |  Bellville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.