Bun Booyens se artikel (25.01) verwys. Dit gaan gesonde verstand te bowe dat niemand nog voorgestel het dat ’n lugspoor (“elevated rail system”) in plek van die bestaande netwerk in Kaapstad geplaas moet word nie. Dit is die wêreld oor in gebruik. Selfs die Gautrein loop in seker gedeeltes op só ’n lyn.
Verder moet weggedoen word met oorhoofse kragdrade. ’n Derde spoorstaaf word gebruik vir kragvoorsiening.
Die huidige netwerk het genoeg oop grondreserwes vir só ’n stelsel. Die pilare en verbindings word as los eenhede vervaardig en met hyskrane opgerig. Ons het geen tonnels nodig nie. Daar sal nie plek wees vir saboteurs om rond te hang of weg te kruip.
Kom nou, wees vernuwend.