Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vervang rooikaart met ander straf

Die toekenning van die rooikaart aan ’n speler het sekerlik al tot groot omstredenheid in rugby gelei – in só ’n mate dat oor die toepassing daarvan herbesin behoort te word.

Nie net straf die rooikaart die speler nie, maar sy hele span, die toeskouers en die sensitiwiteit van wat die uitslag van die wedstryd kan inhou.

Op 5 Augustus 2017 het die Leeus in die Supperrugby-eindstryd teen die Crusaders op tuisbodem gespeel. Net voor rustyd is Kwagga Smith met ’n rooikaart gestraf. Die Leeus het die wedstryd met 25-17 verloor.

Die All Blacks het op 10 Augustus vanjaar in ’n toets teen Australië gespeel. Net voor rustyd is die All Blacks se een slot, Scott Barrett, ook met ’n rooikaart gestraf. Die Austra­liërs het die All Blacks met 47-26 afgeransel.

Net ’n week later het die twee spanne weer swaarde gekruis en die All Blacks behaal ’n yslike sege van 36-0. Ongeag die tuisvoordeel, is dit ’n duidelike bewys dat die huidige stelsel bevraagteken moet word.

Die Internasionale Rugbyraad sal ’n ander strafmaatreël moet instel. Daar kan byvoorbeeld aan gedink word dat die nie­oortredende span ná 10 minute vir die oortredende span ’n speler van die “bank” af mag aanwys wat dan die afgestuurde speler mag vervang. Dit is steeds ’n straf, maar op Super- of internasionale vlak moet jy 15 spelers op die veld hê. Dit behoort dan nie so ’n groot ontwrigting mee te bring nie.

Meer oor:  My Stem  |  Rooikaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.