Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
VF Plus is steeds in gemaksone van ná 1994

Die artikel oor Wouter Wessels se bekendstelling as nuwe VF Plus-LP “Behandel almal met respek” (09.12) verwys.

Dit is duidelik dat die VF Plus homself steeds in ’n gemaksone van ná 1994 bevind.

Die kritiek dat die VF Plus “niks doen” kom wyd onder Afrikaners voor, veral onder dié wat hul betrokkenheid by die DA probeer regverdig.

Die doeltreffendheid waarmee die struggle-ideologie Afrikaners se politieke wilskrag afgebreek het, is ook in Wessels sigbaar wanneer daar “hard gewerk word” om die “rassisme-stigma” af te weer. Getrou aan die VF Plus is die artikel deurspek met illusies van politieke korrektheid. Wat betref die wegskram van dinamiese Afrikanerleierskap waarvoor die Afrikaner gebreinspoel is om sy kop in skaamte te laat sak, verklaar Wessels die VF Plus ook gewillig om per implikasie enige leier te volg, solank dié ’n “wyse politieke leier” is. Sou die boereverneuker Cyril Ramaphosa of die DA se wraakengel Mmusi
Maimane dalk kwalifiseer?

Hierin lê die VF Plus se politieke bankrotskap:

  • Hy probeer politieke verdienste werf op grond van die regstelling van individue se munisipalediensterekeninge.
  • Met ’n grootliks Afrikaner-gedeelte van die rasgepolariseerde kieserskorps as magsbasis, skree hy vir die wolwe “wolf, wolf”.
  • Hy verwar sy politieke strategie van koalisie met politieke beleid waarmee onder meer die marginalisering van Afrikaners afgeweer moet word.
  • Hy verwar homself blykbaar met ’n menseregteorganisasie.
Meer oor:  Dealesville  |  Brief  |  My Stem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.