Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Video’s kan paaie veiliger maak

Pas terug van vakansie en lang ure op die pad, lees ek weer van talle padsterftes oor die afgelope paar dae.

Met skokkend roekelose bestuurders, totale verontagsaming van verkeersreëls en geen sigbare polisiëring nie, is dit geen wonder dat ons land se paaie lewensgevaarlike terrein geword het nie.

Ek moes talle kere ervaar hoe motors my op blinde hoogtes oor soliede lyne verbysteek, voor my insny en my en die aankomende verkeer dwing om weg te swenk om ’n ongeluk te vermy. Gewoonlik word dié oortredings ook teen uitermate hoë spoed gepleeg.

Ek het elke keer gewens ek het ’n permanente videokamera (dash cam) gehad om blatante oortredings vas te vang.

Die vraag ontstaan: Waarom kan video-opnames van sulke oortredings nie deur
lede van die publiek as bewys vir vervolging voorgelê word nie?

Sodoende kan wetsgehoorsame padgebruikers saamwerk om die verkeersowerhede se hande te sterk om ons paaie veiliger te maak.

Meer oor:  My Stem  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.