Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Viëtnam laat vogtigheid in die oog

Nadat ek Bun Booyens se aangrypende vertelling oor Viët­nam gelees het, is daar so ’n vogtigheid in my oë.

Bykans twee jaar gelede gaan speel ek en ’n maat gholf in die Hoi An-gebied. Ons ervaringe is presies soos Booyens dit beskryf. Honderde fietse, ’n kakofonie van klanke en wat vir ons Westerlinge soos ’n chaos lyk.

Tog is daar ’n onderliggende orde en ons sien of hoor geen padwoede of antisosiale gedrag nie. Ek dink hul Boeddhistiese geloof het iets te make met hul vredeliewende aard.

Terwyl ons vliegtuig opstyg, sien ek deur die kajuitvenstertjie doer onder die uitgestrekte begraafplase met derduisende wit kruisies. Die gevolge van ’n nuttelose en barbaarse oorlog.

Meer oor:  Bun Booyens  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.