Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vir Andrew Mlangeni haal ek my hoed af

Ek het Andrew Mlangeni van sien geken van 1963 in die Rivonia-verhoor.

Sy wit medebeskuldigdes het meestal almal die pad gevat d.m.v. hul kontakte en toegang tot geld. Ek onthou Brian Kantor ook baie goed. Hy was ’n aantreklike meester van manipulasie deur hom meelewend voor te doen.

Daar het ek Percy Yutar ook ontmoet wat, hoewel hy Nelson Mandela later (na bewering) om verskoning gevra het, ’n briljante staatsaanklaer was wat ook sy beskuldigde kommunistiese rasgenote gekasty het met hul “fellow-travelling”. Ons het baie meer van sy gehalte nou nodig.

Wat onthou moet word, is dat Mlangeni en Mandela en ’n minderheid ander comrades hul tyd in die tronk gebruik het om te studeer en hulself beter vir die toekoms voor te berei.

Baie later het ek Mlangeni weer in die parlement gesien waar hy ’n voorbeeld vir elke ANC-LP was. Ongelukkig is sy voorbeeld deur min gevolg. Ná sy aftrede was hy voorsitter van hul “integriteitskomitee”, maar aanbevelings is selde of ooit opgevolg.

Ek haal my hoed af vir hom: Rus in vrede – hamba kahle.

Aan die “fellow-travellers” wil ek vra: Wat het julle al vir ons land gedoen en wat het kommunisme al suksesvol in die wêreld bereik? Ons is die swakste in alles wêreldwyd, behalwe in ongelykheid, korrupsie en dodelike geweld ná 26 jaar wat julle regeer?

Meer oor:  Lesersbrief  |  Andrew Mlangeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.