Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vir wie gaan gematigdes nou stem?

Dawie skryf oor verspeelde kanse van die DA (26.10). Daar is egter net een rede vir die skeuring in die party – Helen Zille.

Die party was altyd ’n alliansie van uiteenlopende idees en denkrigtings. Daar was klassieke liberaliste, sentriste, sosiaal-demokrate, nasionaliste en enige mengsel hiervan wat heel goed gevaar het en saam kon fungeer, ten spyte van Mmusi Maimane se onbeholpe styl.

Dít totdat Zille met haar on­besonne twiets en stellings die waters vertroebel het. Haar verdelende benadering en sug na mag het alles verander.

Ek voorspel dat die DA ná 2021 verklein sal word tot ’n streekparty en gaan sukkel om die Wes-Kaap te behou. Vir wie gaan die gematigdes nou stem?

Meer oor:  Helen Zille  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.