Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vir wie sal jy kies om vir jou lewe te speel?

Ek verwys na Tina Butler (08.12) en Dana Snyman (28.11) se skrywes oor Frik du Preez.

Iemand het op ’n keer aan die legendariese tennisspeler Jimmy Connors gevra wie die beste was, Björn Borg of John McEnroe.

Connors het geantwoord dat hy nie weet wie die beste is nie, maar sou hy iemand moes kies om vir sy (Connors se) lewe te speel, hy elke keer vir McEnroe sal kies.

Du Preez het in min of meer dieselfde tydperk gespeel as twee van die beste slotte van alle tye, naamlik Willie John McBride van Ierland en die kolos van Nieu-Seeland, Colin Meads.

Sou ’n mens aan iemand die vraag vra wie die beste van dié drie was, sal daar baie uiteenlopende menings wees, want elkeen was op sy eie manier een van die grootstes van alle tye.

Sou iemand egter moes kies uit hierdie drie om vir sy lewe te speel, kan dit maar net Frik du Preez wees!

Meer oor:  Lesersbrief  |  Frik Du Preez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.