Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Virus krap hele bestaan om

So raak hierdie Karookind, wat vasgevang is in die stad van sonde, toe 70.

Gelukkig ontduik hy nog die virus wat mense naby en om hom so wreed afmaai. Hy is ook baie dankbaar daarvoor.

Die virus tas hom gelukkig nie fisiologies aan nie, wel dalk soms psigologies.

Dit het sy wêreld op sy kop gedraai, met soveel gevolge. Voel ingehok, selfs vasgekeer.

Verhoudings ly daaronder, terwyl vasgekeerde humeure opvlam.

Daar is soveel teenstrydighede. Petrolpryse kom af, dieselpryse gaan op, die ekonomie is witwarm, werkloosheid vier hoogty, armoede verswelg die nasie.

Net politici ploeter ongestoord voort en maai waar daar nie gesaai is nie.

Gelukkig bly daar hoop en geloof. Geanker in Hom wat in beheer van alles is.

Ons hier ter plaatse sal slegs ten dele verstaan.

Al opsie is vasbyt, deurdruk en glo ons oorlewing is op ons vaste anker. Dis maar al wat oorbly.

Meer oor:  Virus  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.