Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vlugtelinge in Metodistekerk is ontmasker

Foto’s van die “walglike gemors” in die Metodistekerk op die Groentemarkplein (07.04) het sekerlik ’n paar wenkbroue laat lig oor die aard en optrede van die sogenaamde vlugtelinge wat daar geskuil het, wagtend op vlugte na lande van hul keuse. Verkieslik buite Afrika.

Hul slagspreuke buite op straat oor ons ongasvrye Suid-Afrikaners het ons maande lank swartgesmeer.

Aan die begin van die drama het die kerk se eerw. Alan Storey, wit boordjie en al, op TV geproklameer: “These people are divine.” “They are Christ,” het hy bevind. Die eerwaarde het gepraat. Wie sou dan durf teëpraat?

Weldra het konflik egter onder die gesalfdes aldaar uitgebreek. Kerkleiers wat probeer bemiddel het, is rondgestamp. ’n Leier is beskuldig dat hy R75 000 gesteel het en daarmee wou vlug. ’n Trommel vol pangas is aangekoop. ’n Klomp het gevolglik buite op straat gaan lê. Hofsake het gevolg. Die Menseregtekommissie het vervolgens ook ’n oomblik van insig beleef, nadat Chris Nissen met die dood gedreig is.

Voorts het Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, hulle vergelyk met boewe, eerder as met Christus. Hierdie “boewe” is nou uitgesmyt, nadat die polisie die kerk moes oopbreek.

Eerw. Storey is geskok deur die gemors en verwoesting: alle matte is uitgeruk; houtpanele gebreek; toilette flenters; vrot kos wat rondlê. Sy kerk gaan nou gesluit en ontsmet word.

Vermoedelik reken die eerwaarde ook nou dat daar meer boewe as goddelikes in sy kerk was?

Meer oor:  Mystem  |  Vlugtelinge  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.