Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Voel hulle dan vere vir Afrikaans?

In sy rubriek “Wie is almal die Eerste Mense?” (22.12) noem Leopold Scholtz etniese minderhede die wêreld oor wat hulle in mindere of meerdere mate in ’n bestaanspenarie bevind.

Nader tuis is dit weens die ANC-regering se miskenning van ons taal- en kulturele regte ook ons lot. ’n Mens kan dit eenvoudig nie kleinkry nie dat, soos Scholtz uitwys, “juis Afrikaanssprekendes . . . verskeie universiteitsrektore, professore en joernaliste die aanslag op hul moedertaal lei”.

Besef hulle nie watter skade hulle hul eie mense aandoen nie? Heg dié mense geen waarde aan hul eie kultuurerfenis nie? Voel hulle vere vir Afrikaans?

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.