Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Voetgangers en plakkers op N1 pla

Ek wil graag by die Wes-Kaapse regering hoor of hy weet van al die mense wat deesdae tussen die struike langs die N1 bly? ’n Mens sien die skuilings duidelik.

Weet hy ook dat al hoe meer minibustaxi’s deesdae die N1 (mis-)gebruik? Weet hy van al die op- en aflaaipunte op die N1? Regoor die N1 Stad-winkelsentrum is al een.

Ek wil ook weet of voetgangers, duimgooiers en fietsryers nou op snelweë toegelaat word.

Sekerlik ry daar baie amptenare wat hiermee werk, soggens werk toe met die N1. Hulle moet dit tog sien?

Ek nooi Kenny Africa om net een dag saam met my werk toe en terug te ry sodat hy kan sien wat op sy paaie aangaan. Dan kan hy sê wat gedoen word.

Meer oor:  N1  |  Mystem  |  Voetgangers  |  Briewe  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.