Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Volg eie raad oor takel van toetse

Dr. Sonja Loots, Parow, skryf: Mense wat nie kan lees nie, laat beskawings val en beskaafdheid sneuwel. Wanneer diegene wat nie met begrip kan of wil lees nie, ook aggressief en beterweterig is, betree ons die dor woestyn van anti-intellektualisme waar veglustige idiote die opperhand het.

Amanda Scholtz se lesersbrief verlede week, ’n reaksie op my rubriek van die vorige Sondag, beliggaam hierdie gevaarlike kombinasie. Scholtz het die rubriek geheel en al misverstaan. Sy snap glad nie dat dit ’n pleidooi is om te bly glo in goedheid nie, ook in die goedheid van mense wat skynbaar sleg of boos is.

Op grond van haar growwe waninterpretasie beskuldig sy my van laster, waarmee sy illustreer dat sy ook verstommend onkundig is oor wat laster eintlik behels. Sy kombineer dit dan verder met ’n woeste ad hominem-aanval.

Rubriekskrywers kry baie kritiek omdat dit hul werk is om soms omstrede menings te verwoord. Hulle is gewoond daaraan, maar hierdie reaksie is ná twee dekades as los-en-vas rubriekskrywer ’n betreurenswaardige laagtepunt omdat dit so buitengewoon, enorm dom en geniepsig is. Die skrywer beskuldig my van ’n oppervlakkige interpretasie en raai my aan om te besin voor ek loskop die toetse takel. Ek sou haar graag wou vra om haar eie raad te volg.

Meer oor:  Sonja Loots  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.