Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Volg liewer Mandela voorbeeld met versoening

Verwysend na onlangse skrywes o.a. Fritz Gaum (16.07), Amanda Gouws (17.07) en Leon Wessels (23.07).  Aldrie focus sterk op die versoeningstema. In Wessels se skrywe die volgende wysheid na vore "...in die Mandela-boek is nie ruimte vir bitterheid nie, slegs ‘n pleidooi om die geskiedenis -  Aalaml se geskiedenis - te verstaan en dan met begrip ruimte vir alle Suid-Afrikaners te skep".

In sterk teenstelling daarmee kry ons op 19 Julie ‘n skrywe van Charl Adams van Century City, nl. "Raak van al hierdie simbole ontslae". Die verbitterde meneer toon oor ‘n redelike lang periode; in skrywes aan Die Burger, sy afkeer van simbole wat na aan die hart van menigte lê... moet erken nie van die massas nie!

Ironies genoeg lug Adams juis sy sentimente in die tyd dat SA Mandela se nalatenskap van versoening vier!  Mandela sal onder meer onthou word dat hy ubuntu baie hoog geag het. Madiba het hom sterk beywer vir inklusiwiteit. 

Amanda Gouws spreek dan ook die wens uit dat ons altyd Madiba se se belofte van versoening sal onthou...en respekteer! Adams streef egter nie na ubuntu nie, maar eerder uhuru!!

Gepraat van vergewensgesindheid. Was dit nie Madiba wat persoonlik by Hansie Cronje in Fancourt gaan  kuier het? Was dit nie Madiba wat by ...van alle mense,.. Betsie Verwoerd op Orania gaan koffie drink het...dit nadat hy hy 27 jaar in die tronk verwyl het a.g.v. sy teenkanting teen apartheid? Dit was ook die einste Madiba wat by geleentheid ferm daarop aangedring het dat “Die Stem” ook  gesing word wanneer die volkslied gesing word...en nie slegs “Sikele iAfrica” nie! Oor Madiba en die nr.6-Springboktrui hoef ek seker nie uit te wei nie. Op daardie middag in 1995 het Madiba ‘n erg verdeelde nasie verenig!

Wil Adams regtig al die goeie werk ongedaan maak met sy versugting dat SA  van sekere simbole ontslae moet raak.

Meer oor:  George  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.