Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Volksblad’ laat my ’n trots-traan pink

Ek is ’n aarts-Bloemfonteiner, Volksblad-leser van kindsbeen af, Samba-lid sedert kort daarna en vir seker deel van die bewoë korps waaroor Charles Smith in sy Goeimôre-rubriek “Afrikaanse mans mag ook maar huil” (26.04) skryf. Tog dwaal my oë ook op die Netwerk24-webblad en lees ek graag van die ander koerante ook.

Terwyl ek Saterdag 28 April Beeld so lees, bons my Volksblad-hart en pink ek stilweg ’n trots-traan. Benewens berigte wat ek al in Volksblad gelees het, is daar nie minder nie as drie ander goeie Volksblad-bydraes daarin opgeneem: Gert Coetzee se insiggewende “ANC-binnegevegte maak koalisie met DA dalk opsie”, Charles se rubriek oor Afrikanermans wat maar mag huil én die oud-Bloemfonteiner en voormalige Volksblad-matrieknooi, Elmarie Dercksen, se besonderse bydrae oor die kerk en kerkmense “Die ‘anders wees’ wat kerk ons bied”.

Ek weet ’n mens moet baie versigtig wees met komplimente en gelukwense aan koerantredaksies, maar lees weer Charles se rubriek en verstaan dan my bewoënheid!

Meer oor:  My Stem  |  Charles Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.