Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Voorvadergees’ waarsku oor ANC se pad

Op ’n raadsvergadering op 27 Junie van die Mangaung-metro is ’n diepte-gesprek gevoer oor die haglike finansiële toestand waarin die munisipaliteit verkeer. Die DA het op verskillende uitgawes gewys wat nie betaal kan word nie, waarvoor nie begroot is nie of wat nie noodsaaklik was om aan te gaan nie.

Ek sal graag vir haar wil sê: Wees versigtig, ek sien waarop die munisipaliteit afstuur. Ek sien hoe lyk die volgende verkiesing se uitslae, ek sien waar die ANC gaan wees ná 2019.

Ek het verwys na die uitstaande bedrag van R311 944 000 wat aan Bloemwater betaal moes word, en wat die munisipaliteit nie gedoen het nie. Gevolglik is die watertoevoer van Bloemwater verminder tot 30%.

Die gevolg was dat groot dele van Bloemfontein twee dae sonder water gesit het, nadat die uitvoerende burgemeester dit ontken het op ’n plaaslike radiostasie en op haar Facebookblad: “Die Mangaung-munisipaliteit skuld nie enige gelde aan Bloemwater nie en geen woonbuurt sit op die oomblik sonder water nie” (20 Junie).

Op die raadsvergadering van 27 Junie het ek die ANC daarop gewys dat hulle alles ontken en maak asof dit die grootste leuen is wat ek vertel. Die repliek van ’n lid van die uitvoerende burgemeesterskomitee was: “Raadslid Botes is ’n voorvadergees van Bloemwater.”

Ek sal graag vir haar wil sê: Wees versigtig, ek sien waarop die munisipaliteit afstuur. Ek sien hoe lyk die volgende verkiesing se uitslae, ek sien waar die ANC gaan wees ná 2019.

Die betrokke raadslid moet eerder die volgende doen: Pas finansiële dissipline toe, beperk onnodige uitgawes, bestuur die munisipaliteit asof jy met jou eie geld werk. Pas op, die DA staan en kyk vir jou. Bedank eerder en wees verlos van die “voorvadergees”.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.