Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vraatsigheid is afstootlik

Dit gebeur soms dat ’n mens ’n toneel aanskou – op ’n byeenkoms of op TV – waar iemand probeer om ’n rekord op te stel deur binne ’n sekere tyd soveel as moontlik worsbroodjies, hamburgers, ribbetjies, bier of wat ook al te verorber.

Sommige vind dit dalk vermaaklik, maar by my kom woorde soos “walglik”, “aaklig”, “grusaam”, “afstootlik” en “weersinwekkend” op. Miskien is dit omdat ’n mens geleer is om nie met kos te mors nie. Kos is immers aan die mens gegee om die liggaam op te bou en in stand te hou en nie om gebruik te word vir bisarre “vermaaklikheid” nie.

Oor die etiek daarvan laat ek my nie nou uit nie. Organiseerders van sulke skouspele moet maar self hul oordeel gebruik oor of dit opbouend, informatief of vermaaklik is.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.