Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vrae oor GEPF neem net toe

Die Mpati-kommissie wat gebeure in verband met die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) ondersoek het, het verskeie belangrike aanbevelings gemaak. Dit is aanbevelings wat die beleggings wat namens die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) gedoen word, ten nouste raak.

Die raad van die OBK is maar onlangs aangestel en het, soos wat van ’n verantwoordelike instansie verwag kan word, dadelik aan die werk gespring. Hulle moet nou die sondes van hul voorgangers regstel, en hulle beïndruk met die spoed waarmee hulle dit doen. Hulle het onder meer ’n paneel van kundiges aangestel om hulle te adviseer. Hulle het ook ver gevorder om ’n nuwe uitvoerende hoof aan te stel.

Daarteenoor sit die pensioenfonds se raad van trustees blykbaar op hul hande. Behalwe ’n flouerige mediaverklaring, het nog niks sigbaar gebeur nie. Hulle is glo besig om ondersoek in te stel na die hersiening van ooreenkomste, mandate, prosedures, ens. Geen sprake van deskundige hulp soos by die OBK nie. Geen aanduiding van voorafbeplanning nie.

Ondersoek die pensioenfonds nou homself? Is hulle te arrogant om hulp van deskundiges in te roep? Hul prestasie in die verlede dui nie op professionele optrede nie. Het hulle byvoorbeeld ’n plan gehad om die uitwerking van die Covid-19-ramp te hanteer? Hoe word aanslae op die pensioenfonds in hierdie krisistyd deur byvoorbeeld Cosatu hanteer? En beleggings? Gaan dit voort asof niks gebeur het nie? En! En?

Die kommissie het met reg die pensioenfonds verwyt oor ’n gebrek aan ’n gees van dringendheid. Ploeter hulle net voort asof niks gebeur het nie? Geen kommissie, geen Covid-19?

Ons het voorheen al gevra of die raad van trustees nog funksioneer. Ons vra dit nog steeds.

Meer oor:  Gepf  |  Durbanville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.