Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vrae oor opstanding en wederkoms

Christus se opstanding en wederkoms is ’n sensitiewe onderwerp waaroor dikwels geredekawel word. Só het Leopold Scholtz, uit ’n wetenskaplike oogpunt, daaroor geskryf: “Dit is die wette van die natuur: Dis immers fisiek en biologies onmoontlik dat iemand wat gesterf het – en dit nogal ’n buitengewoon pynlike marteldood – spontaan weer tot lewe kan kom, en dit nogal eers op die derde dag.” (11.02)

Hierteenoor lewer Rocco Hough regskundige bewyse dat Jesus ná sy opwekking aan Sy apostels verskyn het. Hy voer aan dit is onteenseglik waar omdat hulle, ondanks doodsdreigemente en selfs teregstellings, onwrikbaar volgehou het om oor Sy verskyning aan hulle te getuig. Dog Rocco sê ook: “Nee, dit is iets wat ons moet glo en hoe dankbaar is ek dat ek een van die gelowiges is wat dit kan bely.” (15.02)

Die Bybelverhaal, dat die klip voor die graf weggerol is en die graf leeg was, dui daarop dat die opstanding fisiek was. Dit word verder onderskryf daardeur dat Jesus die wonde aan Sy hande onder Sy dissipels se aandag gebring het en selfs aan Tomas gevra het om sy hand in die wond aan Sy sy te steek. Jesus het ook saam met hulle vis geëet.

Juis hierin vind ek ’n onverklaarde probleem: Hoe is dit moontlik dat ’n fisieke Jesus in ’n geestelike hemel opgeneem is waar Hy reeds 2 000 jaar lank is? In watter vorm, geestelik of fisiek, gaan Hy “eendag” weer kom? Hieroor kan tot in der ewigheid geredekawel word, terwyl die oplossing eenvoudig is. Soos Leopold sê: “Jy gló of jy glo nié.”

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
Meer oor:  Lesersbrief  |  Opstanding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.