Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vrede oor alle grense sal wonderlik wees, maar . . .

Oor Annelie Botes se Goeiemôre “Daar is ’n tyd vir elke ding in hierdie lewe” (17.08):

Sy sê ons moet die water van medelye aan mekaar uitdeel sodat ons oor alle grense heen vrede kan omarm. Hoe wonderlik sal dit nie wees nie! Maar dit moet van twee kante af kom.

Ons gewone mense kom eintlik baie goed oor die weg, ongeag ras en geslag. Dis enkele politici wat baie van die haat- en rassistiese uitsprake maak.

Dis net sekere politici wat kla as “Die Stem” gesing word. Wanneer “Nkosi Sikelel’ iAfrika” by die rugbytoets gesing word, sing wittes ewe hard saam. Ons bou aan samewerking en aanvaar die transformasie in sport, maar van die swart politici kraak wit spelers af.

Die prentjie word geskep dat slegs wit mense rassiste is wat met alle mag gestraf moet word, terwyl swart mense nié rassiste is nie. Gevolglik word hulle nie dienooreenkomstig gestraf nie.

Wys my een wit politieke leier wat swart mense in die openbaar afkraak en dreig om hulle dood te maak soos wat Malema en Black First Land First maak.

Van die groot ondernemings se wit eienaars is vroeër uit die staatsdiens weggejaag. Hulle het nie gaan lê en huil nie, maar hul ondernemings uitgebou. En nou word hulle beskuldig van “witmonopoliekapitaal”.

Een van die redes vir werkloosheid is mense wat te lui is om te werk, terwyl daar soveel geleenthede in ons land is.

Mense moet eerder ook hul eie klein ondernemings begin en uitbou as om sogenaamde wit ondernemings te transformeer en plase te wil vat.

’n Mens kan nie alles gratis kry en gedurig ’n verhoging eis sonder werkprestasie nie.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.