Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vreugdes van ’n inperking en die opskerping van waardes

Daar is mense wat sê die inperking is vir hulle baie erg. Die baie tyd by die huis en die min sien van mense het vir hulle te veel geword.

Nou moet ek bely, vir my was die teendeel waar. Om weg te bly uit die winkelsentrums, die dolle gejaag na wie weet waar en die alleentyd was vir my ’n bedekte seën.

Om nie soggens douvoordag al op te wees nie, die verkeer (en die slaggate) mis te loop was al klaar ’n pluspunt. Minder mense het minder probleme beteken.

Die honde het baie gou aan die roetine gewoond geraak. Vir hulle was dit ’n groot lekkerte, want die kleinkinders, ouma en oupa is heeldag en aldag tuis.

Ons het gehelp met die kinders se huiswerk: glo my, van voor af ’n nuwe ervaring. Oupa het die tale geslyp en ouma was flink met die wiskunde. So het die ure en die dae verbygegly, die dae het weke geword en ek het gewoond geraak aan die “nuwe normaal”, soos almal deesdae daarvan praat.

Werkies in en om die huis het aandag gekry, ons het ure buite in die loom sonnetjie deurgebring en die honde en die hase was oral om ons. Wat ’n fees! Ouma het gebak: skottels vol koekies en beskuit.

Toe word die vlakke van inperking verlig: Dis terug werk toe, het dit oor die nuus geskril. Vir dié wat nie in hierdie tyd weer familiebande hernu het nie, is ek jammer.

Dit was onmoontlik om almal bymekaar te wees, maar daardie bande sal ons optel. Oupa wil dit nie wys nie, maar sy lus om weer by die werk in te val was maar min, nes die kleintjies sin om weer terug skool toe te gaan.

Daar is wel ’n prys aan alles: Sonder werk en ’n inkomste kan oupa en ouma nie leef nie, nie suurlemoentert koop nie, nie die langverwagte hondjie vir die verjaardag kry nie.

Die inperkingstyd het my waardes opgeskerp, my dinge weer leer waardeer en gewys dat geld nie geluk kan koop nie.

Meer oor:  Inperking  |  Vanderbijlpark  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.