Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
VSA verkiesings van groot belang

Van tyd tot tyd beleef ons 'n geskiedkundige oomblik. Trump het weer so 'n oomblik geskep. Die tussenverkiesings in die VSA, wat normaalweg  net van werklike binnelandse belang is, het globale betekenis gekry weens die gevaar en verdeeldheid wat hy skep, nie net in die VSA nie, maar wêreldwyd.

 

Deur die eeue het onbesonne leiers daarin geslaag om die massas deur retoriek, gefokus op vrees, haat en diepgewortelde vooroordeel op te sweep en te mislei.

 

'n Gemeenskaplike lyn by hierdie tipe demagoog is dat hulle nie 'n hoë premie op die waarheid plaas nie. Trouens, hulle is baie effektief met die herhaling van leuens totdat dit as die waarheid gesien word deur hulle teikengehoor.

 

Die rooi ligte gaan egter aan wanneer die leier van die sg. Vrye Wêreld die media as die vyand van die volk verklaar en konserwatiewe stasies begin funksioneer soos staatsbeheerde media in diktatorskappe en kommunistiese lande.

In die moderne era word die impak van hierdie boodskappe versterk deur die media, elektronies en geskrewe, en in die laaste jare vermenigvuldig deur die sosiale netwerke.

 

Meer nuus is ongelukkig nie beter nuus nie. Soos iemand gesê het: die goeie ding van sosiale netwerke is dat elkeen 'n platform het en die slegte ding van sosiale netwerke is dat elkeen 'n platform het.

 

Daar is nie slegs 'n ooraanbod van nuus nie, dikwels deur mense met geen opleiding of ervaring in die analise van tendense of gespesialiseerde temas, maar die blote volume maak dit 'n vrugbare teelaarde vir manupilasie en fopnuus.

 

Fassiste in die moderne era het veel meer platforms om vrees en haat te stook en verdeling te veroorsaak deur sosiale netwerke, selfs oor nasionale grense. Die blote volume maak oorsig en kontrole baie moeilik, indien nie onmoontlik nie.

 

Die media, spesifiek die geskrewe en elektroniese media, bly egter 'n deurslaggewende rol speel om ons ingelig te hou, om politici en die burgerlike gemeenskap eerlik te hou en om korrupsie en magsmisbruik te ontbloot. Dit geld veral vir oop gemeenskappe.

 

Die rooi ligte gaan egter aan wanneer die leier van die sg. Vrye Wêreld die media as die vyand van die volk verklaar en konserwatiewe stasies begin funksioneer soos staatsbeheerde media in diktatorskappe en kommunistiese lande.

 

Teen hierdie agtergrond kry die tussenverkiesings besondere betekenis. 

 

Kiesers in die VSA het 'n verantwoordelikheid, nie net teenoor hul eie land nie, maar ook teenoor die wêreld om 'n eerste stap te neem om hul land weg te stuur van die gevaarlike pad wat Trump ingeslaan het.

 

'n Stem is magtiger as 'n koeël. 

Meer oor:  Mystem  |  Verkiesings  |  Vsa  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.