Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vuil onderrok hang nou erg uit

As jare lange inwoner van Kaapstad se noordelike voorstede hou ’n mens naderhand net jou oog op die verkeer en sien nie meer die skone Kaap om jou nie.

Dis lankal nie meer so nie, dis nou die vuilste Kaap.

Ons kry dikwels gaste uit die buiteland omdat ons kinders daar woon. Dit beteken hulle moet by die lughawe gehaal word met die vuilste pad van alle­ paaie. ’n Mens vertel dan maar skaam-skaam stories om hul aandag af te trek.

Die mooi groen area langs die N1 by die Durbanville-afrit en omliggende paaie wat eens pragtig was, lyk nou soos ’n vullishoop met groen spatsels. Selfs paaie om Tygervallei is besaai met vullis. Gemorskos-papiere en bakkies lê die wêreld vol.

Mense wat langs riviertjies en onder bome en brûe woon, is hartseer. Kan groot vullishouers nie naby­ sulke areas geplaas word én gereeld leeggemaak word nie?

Wat het met ons mensdom gebeur dat hulle so morsig leef?

Meer oor:  My Stem  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.