Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Vuil Paternoster-strand stel teleur

Wat ’n teleurstelling was dit vir my toe ek in Desember op Paternoster vakansie gehou het en elke dag lekker langs die strand gaan stap het – net om te besef hoe vuil die strand is.

Drankbottels, baie stukke glas (gebreekte bierbottels), winkelsakkies, lekkergoed-papiere en selfs toiletpapier.

Op 1 Januarie was die strand vol mense wat die hele dag daar deurgebring het. Waar moet hulle hul vullis weggooi? Waar moet hulle hul besigheid doen (onthou hulle is daar vir die dag). Daar was geen vullisdromme in sig nie en ook geen toilette nie.

Ek het elke dag nuwe glasstukke op die strand gesien. Asseblief, pas jul strand beter op.

Meer oor:  Paternoster  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.