Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
W-Kaap se mening oor sigarette onbegryplik

Die Wes-Kaapse regering sê hy sal die koop van sigarette toelaat, mits dit saam met noodsaaklike goedere gekoop word. Het sigarette nou ’n noodsaaklikheid geword terwyl die verkoop van nodiger goedere verbied word?

Dit gaan sekerlik nie net oor wat verkoop mag word en wat nie. Rook dra tog onteenseglik by tot longsiektes. Die uitwerking wat dit het op die mens se gesondheid is waaroor dit gaan.

In die lig van die gepubliseerde longverwante simptome van Covid-19, onder meer lugwegsiektes, hoes en ander, is my kop te plat om die Wes-Kaap se mening te verstaan.

As rook deur dokters as “gif” (taboe) vir selfs ligte longaandoenings beskou word, kan die Wes-Kaap en sy deskundiges gerus gaan herbesin. Is daar rokers in hul geledere?

Meer oor:  Mystem  |  Sigarette  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.