Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar gaan ons nasate heen?

Ek gaan maar weer waag. Die geskiedenis leer ons dat die status van welsyn waarop ons land gedy (het), in 1910 gevestig was. Die visie sou hom uitspeel in die vereniging van die land se mense. Dit was daar vir almal om te sien, te ervaar, daarby baat te vind en te floreer. 

Die nuwe orde- en stigtingsteen is staatkundig gegiet in hoop, geloof en liefde, Bybelse beginsels van 'n nuwe verenigde nasie is staatskundig vasgelê sodat Suid-Afrika en sy mense onbelemmerde geleenthede kon nastreef, dit, onder meer, aan die beginsels van holisme wat nooit tot sy reine reg gekom het nie. Dit was, en is steeds, bo die vuurmaakplek van talle. 
Vryheid en restitusie ná 'n vernietigende ABO is behaal en die pad na ‘n rooskleurige toekoms is gebaan. Daar was aan ‘n Godsmissie voldoen. Maar dit was in die oë van sommiges nie goed genoeg nie. Skade het gevolg, onvergeefbaar deur die massas wat daaronder gely het. 

Kallie Kriel, nie verteenwoordigend van die (kleiner) massas wat die ondergang van kultuur en taal in die gesig staar, maak sinnelose erkennings, inderdaad skuldontkennings t.o.v. Gouws se rubriek (24.05) (verstommend, verdraaiing van die waarheid, ons erken die onregte, die insinuasie dat apartheid nie vergelykbaar is met Hitler se optredes nie) wat eerder geskoei is op die ontwyking van verantwoordelikhede en restitusie. 

Die dag se nuus (24.05) val ook saam met beriggewing oor daaglikse opstande, geweld en moord asook die verjaardag van Elvis se eks-vrou (Vandag wat was), terwyl die geboortedag van die groot maker van vrede, 148 jaar gelede, wat ook die laaste periode van kollektiewe landsheling verteenwoordig, verswyg word. Daar is ook wittes wat gely het en steeds geweteswroeging ondergaan en wie se stemme blyk gesnoer te wees. Waar gaan ons nasate hulle vestig, Kallie, Suid Afrika, Amerika of Australië?

Meer oor:  Afriforum  |  Amanda Gouws  |  Kallie Kriel  |  Volksmoord  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.