Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar is die gevolge, optrede vir swak diens?

“Mafube al vir 2 j. sonder fone of internet” (07:11):

Wat my verstand te bowe gaan is dat daar geen gevolge of optrede is ná skokkende ouditbevindings nie. Almal karring net aan asof daar geen fout is nie.

Sulke berigte oor munisipaliteite laat my moed sommer in my skoene sak.

Gaan daar enigsins ’n einde kom aan die gebrek aan bestuur en kennis sodat dinge omgedraai kan word.

By politieke aanstellings geld bevoegde leierskap duidelik nie. Dit is tyd om kundige amptenare in Mafube in te bring. ’n Munisipaliteit is dieselfde as enige sakeonderneming.

Vullisverwydering kom tot stilstand in Bfn: Soos baie ander leef, bly en ry ek elke dag in hierdie gemors. Ons betaal maandeliks ons rekeninge getrou. Vir wat? Iets moet tog aan hierdie onhoudbare situasie gedoen kan word?

Meer oor:  My Stem  |  Vullisverwydering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.