Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar is die kringtelevisiekameras?

Na aanleiding van die jongste geval van brandstigting op die Kaapstadse treinstasie: Die hoofartikel spreek die verantwoordelike owerhede aan vir die gebrek aan vordering om die kwaaddoeners op te spoor en wys op die ekonomiese impak en rimpel­effek van die aangerigte skade.

Met die jongste aanval is op een slag 18 treinwaens verwoes met ’n geraamde skade van R61 miljoen! En terwyl eintlik 112 treinstelle benodig word vir doeltreffende pendelfunksionering, is slegs 44 tans in bedryf!

Vervoeringenieurs sal daarop wys dat geen ander vervoer­modus by die trein kan kers vashou vir die hantering van volumeverkeer nie. Die bykomstige druk op die padinfrastruktuur, wat toename in instandhouding sowel as verkeersdruk betref, is van ontsaglike omvang. Elke trein wat nie loop nie, genereer onnodige padverkeer met gepaardgaande verkeerschaos en bykomende koste om die paaie rybaar te hou.

Tereg wys die koerant op die gevolglike vervoerontwrigting en die skade aan die ekonomie.

Met al die toegewysde wetstoepassingsmaatreëls, hoe is dit moontlik dat die boosdoeners die skade kon aanrig én daarmee kon wegkom?

En dan, wat die kroon span, in hierdie dae van gevorderde tegnologie, gaan die gebrek aan enige verwysing na opnames van kringtelevisiekameras die verstand te bowe.

Dis tog seker nie moontlik dat kameras nie daar geïnstalleer is nie?

Meer oor:  Treine  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.