Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar is die optrede teen Ace?

Twee berigte in Volksblad (22.01) het my opgeval: Die voormalige Springbok-, WP- en Leeus-rugbyspeler het in die hof in Stellenbosch verskyn weens die beweerde diefstal van twee gholfstokke. En die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) staan reg, sou die hoof en nog ’n onderwyseres van die Laerskool Schweizer-Reneke ook geskors word.

Earl Rose verskyn in die hof, maar Ace Maga­shu­le, gewese Vrystaatse premier, het nog glad nie in enige hof verskyn nie.

Dit is nadat ’n skildery wat aan die provinsie behoort het, na bewering gesteel en aan sy lyfwag geskenk is.

Wat my tref, is die spoed waarteen die gereg teen Rose optree. Kan ons nie dieselfde spoed kry vir optrede teen Magashule nie?

Toe ons gehoor het die Valke ondersoek die saak, was ons verlig en hoopvol, maar helaas lyk dit of hul gebrek aan kapasiteit of willoosheid of onbekwaamheid vervolging vertraag.

Beweerde diefstal is beweerde diefstal, of dit nou ’n skildery of ’n gholfstok is.

Wanneer hoor ons van die beweerde diefstal van die skildery?

Oor die Laerskool Schweizer-Reneke en die skoolhoof, Alwyn Henning, wie se kop dalk ook kan rol: Ek vermoed die ANC-LUR oordeel die skoolhoof is oorhoofs verantwoordelik vir alles wat in die skool gebeur en dat hy daarom ook geskors moet word.

In sy eie ANC is daar egter geen oorhoofse verantwoordelikheid nie. Dit geld net vir wit mense.

Magashule was as premier oorhoofs verantwoordelik vir alles wat gebeur het. Sy betrokkenheid word egter onderspeel in die Vrede-suiwelprojek waarin die Vrystaat R240 miljoen verloor het. Hy word eerder bevorder tot hoofkokkedoor.

Laastens: wil Elzabe Rockman, LUR vir finansies in die Vrystaat, nie voor die Zondo-kommissie getuig nie. Sy sal seker baie kan onthou van wat op haar gesteelde rekenaars was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.