Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar is my mense se mededoë?

Annie Olivier, Johannesburg, skryf: Ek het nog altyd aan Afrikaners gedink as ’n nasie met ’n groot ontdekkersgees – as mense wat nie bang is om die bekende agter te laat en die onbekende te ontdek nie.

Hoekom is ons dan so bang om die leefwêrelde van ons medelandsburgers te verken?

Die debat oor die ou landsvlag is ’n bewys van hoe ons ons ontdekkersgees verloor het. Ons is so vasgevang in ons eie onsekerhede en vooropgestelde idees dat ons ons glad nie in die skoene van ons medemens kan stel nie.

Ons, wat so hoog opgee oor watter Christene ons is.

Hoekom sukkel my mense so om te verstaan dat die ou landsvlag vir die meerderheid Suid-Afrikaners die simbool is van ’n tydperk toe hul menseregte deur wetgewing en geweld onderdruk is. Toe hulle verbied is om sekere werke te doen en sekere gebiede te bewoon. En niks daaraan kon doen nie, want hulle het nie stemreg gehad nie.

Hoe sou jý gevoel het as iemand dit aan jóú gedoen het?

Sou jy daarvan gehou het as die simbool van daardie onderdrukking vrylik rondgeswaai is? Ons, wat meer as 115 jaar ná die Anglo-Boereoorlog nog die Britse parlementariër Jacob Rees-Mogg wil kruisig oor sy opmerkings oor die konsentrasiekampe. Ons wat weet van ou wonde.

Die reaksies in verlede week se brieweblad is so voorspelbaar en toon geen begrip dat ons almal slagoffers van misdaad en korrupsie is nie. Afrikaner, wit mens, jy is nie só spesiaal nie.

Soos Azille Coetzee skaam ek my dood vir ons gebrek aan insig en mededoë.

Meer oor:  Azille Coetzee  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.