Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar skuil die wetstoepassers dan?

Ek het onlangs van George Weskus toe gery om blomme te kyk. Die blomme was mooi, maar wat my opgeval het, was die afwesigheid van wetstoepassers en die skrikwekkende gedrag van sommige motoriste.

Net buite Mosselbaai was daar ’n saamtrek van wetstoepassers wat gelyk het soos nagmaal op Pofadder – en dit was die laaste sien. Sperstrepe en spoedbeperkings geld blykbaar nie vir sommige motoriste nie.

Na my mening sal die veiligheid op ons paaie ’n hupstoot kry as wetstoepassers in ongemerkte voertuie paaie aktief patrolleer en eerstehands ervaar wat op ons paaie aangaan, eerder as wat hulle by Mosselbaai saambondel en net af en toe ’n entjie met flitsende ligte gaan ry.

Meer oor:  George  |  Weskus  |  Wetstoepassers  |  Briewe  |  Blomme  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.