Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarheen is NG Kerk op pad?

Die NG Kerk doen ongelooflike mooi werk oor die hele land – in sowat 1 100 gemeentes onder honderdduisende lidmate – en sy sowat 1 700 voltydse en deeltydse leraars werk elke dag hard om saam ’n verskil te maak oral waar hulle is. Dit hoor ons by die algemene sinode. Dit haal min die voorblad.

Etiese besluite wat gedryf word, ten alle koste met spoed en met emosie, oorskadu al die positiewe werk in die Kerk.

Onlangs by die algemene sinode het ons verdaag en was daar ook ’n voorstel van my en nog ’n persoon dat daar nie nou by die algemene sinode besluit moet word oor selfdegeslagverhoudinge nie, dat dit eerder afgewentel word, maar ’n sekere streeksinode se verteenwoordigers was onverbiddelik en angstig om die besluit dadelik deur te voer. Nou is daar onenigheid oor die hele land oor die besluit, wat voorkom kon gewees het.

So bang etiese sake word die nuwe evangelie in die kerk ten koste van die Woord van die Here. Die sambreel in die NG Kerk raak te klein om almal vas te hou en almal opgewonde te hou. Op die oomblik loop die algemene sinode die gevaar om die Kerk oneindig skade te berokken, want dit word die voertuig om drome en sake van sekere groepe deur te dryf, kom wat wil.

Betrek dan eerder al 1 700 leraars in ringverband elektronies op een slag by só ’n vergadering. Ons leef in ’n tegnologiese era waar dinge dringend anders gedoen kan word. Vir 193 afgevaardigdes om net ’n rubberstempel vir ’n ander streeksinode se dringende agendas en drome te wees, is verby. Streeksinodes sal uit die algemene sinodale-band moet tree, of oneindige skade wag nog met volgende radikale besluite van die uitgediende kerkstruktuur wat nog gaan kom.

Waarheen is ons geliefde Kerk op pad?

Meer oor:  Welkom  |  Brief  |  Mystem  |  Ng Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.