Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarheen is ons met SA op pad?

Hoe graag ons ook al hoop en dink dat ons land daar is waar Madiba en die Arch ons sien as ’n reënboognasie . . . Nee, ons is nie daar nie . . . inteendeel baie ver daarvandaan. Meestal onbevoegdes is weer aangestel om in beheer van ons land te wees.

Wanneer ons R.W. Johnson se onlangse uitsprake lees, raak ons bewus van die feit dat ons nie ver van die afgrond is nie. Baie pessimisties, sal sommige mense sê, maar die realiteit is dat Johnson in die verlede al so baie reg was.

Kan die setlaars wat hulleself hier gevestig en die land (tesame met die inwoners) gebou het, staande bly teen dié wat wel teen ons is? Wat is ons alternatief?

Johnson noem in sy jongste boek dat Suid-Afrika slegs twee opsies het. Óf ons gaan voort en bestaan as ’n ontwikkelende land met ’n markekonomiese (kapitalistiese) basis en leier in die globale omgewing (streek) óf ons bestaan voort as ’n Afrika-nasionalistiese land met ’n primêre sosialistiese ingesteldheid.

Dit word gestel dat ons nie albei kan hê nie. Die vraag is watter opsie ons gaan uitoefen? Is die vraag nie in ’n groot mate maar retories nie? Opbou en groei teenoor afbreek en steel?

Ek glo ons hét al die antwoord. Dan word ons nog net een van die lande in Afrika waar Afrika-nasionalisme en sosialisme die botoon voer.

Is dit waar die bouers van hierdie land gaan eindig? En die huidige president kan mos in so ’n situasie geensins die redder wees nie.

Meer oor:  Madiba  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.