Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarheid al hoe meer ongewild

Die waarheid, sowel as sinvolle uitsprake en kritiek, is al geruime tyd hier te lande nie politiek korrek nie. Sodra iemand die waarheid oor iets praat, dan word hy/sy onmiddellik en van alle kante deur die ANC en die “politieke kommentators” verguis, want dit pas nie in hul prentjie nie.

Só is Helen Zille verskeie male aangeval oor uitsprake, en is Tito Mboweni nou betig omdat hy sinvolle kritiek gelewer het op die optrede van Zambië se president.

Die boodskap wat uitgestuur word, is: Bly in ons (die party se) spoor, of anders!

Nou waar het ek al hierdie soort houding opgemerk? Tog nie in Mao se China of Stalin se Rusland nie? Of was dit dalk in Castro se Kuba?

Ná 25 jaar van ANC-regering wonder ek nie meer nie. Die bewyse is onomstootlik. Alles gaan oor die party en sy beleid is om alles te beheer. Dit is ook aangeteken dat die president sy party eerste stel.

As hierdie tendens voortgaan, sal ons eersdaags almal partylede moet wees om te mag werk of te leef.

Meer oor:  Helen Zille  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.