Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarom kanker

Die onlangse opskrif in Beeld “Artse aangekla oor vrou se kankerlyding” het byval gevind.

Dit is eers wanneer jy die pad gestap het wat Leon Rossouw en sy gade gestap het, dat berigte soos hierdie jou met meer vrae as antwoorde laat.

Die vraag wat geruime tyd by my spook, is wat medici se “verpligting” is as vlak 4-kanker by ’n pasiënt gediagnoseer word? Is dit geregverdig van ’n arts om sy bevinding van ’n 5%-kans op oorlewing of maksimum 12 maande teenoor ’n familielid te openbaar, maar dit van die pasiënt te weerhou? Dit, met ’n spesifieke opdrag om dit nie aan die pasiënt te openbaar nie.

Wat bestraling en chemoterapie aan terminaal siek pasiënte doen, is alombekend aan diegene wat daarmee te doen gehad het.

Om nie te praat van aggressiewe chemoterapie nie. Waarom as jy ses maande vroeër reeds ’n prognose van wanhoop gedoen het? Waarom die pasiënt deur die trauma van operasie ná operasie sit met geen hoop vir oorlewing?

Meer oor:  My Stem  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.