Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarom nie dié vergrype aan ANC toedig?

Oor die artikel van Anton van Niekerk “Drome van normaliteit” (DB, 06.08):

Heeltemal tereg verwys hy na die absurditeite wat gedurende apartheid van owerheidsweë afgedwing is. En ook is hy reg dat dit alles die gevolg was van politiek gedrewe stappe wat die vorige regering geïmplementeer het. Ek, soos Van Niekerk, is dankbaar dat daardie verstikkende era agter die rug is.

Dit is opmerklik dat hy na die vergrype van die verlede as politiek gedrewe verwys, maar dan voortgaan en aantoon dat ons deesdae alledaagse besluite moet neem wat nie meer politiek ge­drewe is nie, maar deurgaans misdaad­voorkomend. Ek stem nie saam nie. Ons huidige situasie is uitsonderlik benard.

Niemand is sy of haar lewe meer seker nie omdat ons in ’n geweldig misdaadgeteisterde land woon. Die besluite wat ons deesdae neem is om aan misdaad te ontsnap, maar die rede vir die vlak van misdaad is die politieke on­bekwaamheid van ons regering en niks anders nie.

Ek snap nie waarom Van Niekerk die vergrype van die verlede toedig aan die regering van die tyd, maar die huidige vergrype nie aan die ANC-regering toedig nie.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.