Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarom pla Trump só en nie ANC?

Dawie van Sterrewag (14.01) skryf gereeld oor pres. Donald Trump en waarom Trump vir hom onaanvaarbaar is, en dit is sy goeie reg. Hy doen dit egter so gereeld dat ek nie anders kan as om te wonder waarom juis Trump hom so pla?

Toegegee, Trump is ’n allemintige boelie en so selfvoldaan dat dit nie perke ken nie. Vol foute dus. Hy is egter deur Amerikaners as hul president verkies en daaraan kan Dawie niks verander nie. En hy gaan baie waarskynlik vir ’n tweede termyn verkies word.

En wees eerlik, Trump moet, soos sy voorgangers, uiters moeilike besluite neem. Hy is baie anti-oorlog, meer so as van sy voorgangers.

En wees verder eerlik en erken dat Trump meer liefde vir sy vaderland het as die hele ANC tesame. Maar tabelle van ANC-vergrype het Dawie nog nie gepubliseer nie. Waarom nie?

Soos iemand anders ook wou, bied ek aan om Dawie op ’n enkelrit na die VSA op my koste te plaas en dat hy dan daar voltyds vir Trump kan kritiseer.

Meer oor:  Donald Trump  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.