Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waarom só lank met nuwe verkeerswet wag?

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, reageer op briewe wat handel oor die wetteloosheid van minibustaxi’s deur te sê die statistieke bewys dat die Kaapstad-metro toegewyd optree teen hierdie soort wetteloosheid.

Hy verskaf egter geen statistiese inligting nie; hy noem slegs dat ses keer meer minibustaxi’s as vyf jaar gelede tans geskut word, sonder om te noem hoeveel taxi’s dit behels.

As dit vyf jaar gelede bitter min was, is ses keer meer steeds maar bitter min.

Smith noem ook die bestaande verkeerswetgewing bemoeilik doeltreffende wetstoepassing, maar nuwe wetgewing sal binnekort hierdie probleem hanteer.

Dit laat die vraag ontstaan waarom Smith en sy politieke kollegas in die provinsiale wetgewer nie al tien jaar gelede stappe gedoen het om die wet­gewing te verbeter nie.

Meer oor:  My Stem  |  Verkeerswet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.