Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar’s die versene en prikkels?

Daar’s een gesegde in Afrikaans se ryk idiomeskatkis wat ek gedink het darem in dié tydsgewrig gebruik sou word (maar waarvan die koerantblaaie leeg is): Om die versene teen die prikkels te slaan. Uit die antieke Grieks het dit in die Bybel beland (sien Handelinge 9:5 en 26:14).

Versene is hakskene; prikkels is die skerppuntige porstokke waarmee osse tot vinniger ploeg aangehits is. Om jou slap, sagte hakskeentjies teen die prikkels te slaan, is dus om jou teen ’n oormag teen te sit.

Sinne wat ’n mens sou verwag het, is die volgende: “Die teeninentingsbrigade slaan om dowe neute hul versene teen die prikkels.” (Dalk: teen die prikprikkels of priemprikkels.) Of: “Met oudpres. Jacob Zuma se norring elfde-uur- hofsake het hy sy versene teen die prikkels geslaan.”

Om vir dié jammerlike leemte te vergoed, sal ek op my volgende besoek aan Paternoster se skoonheidskundige sê-vra: “Toe, Meisie, laat my versene sonder verwyl onder jou puimsteen deurloop.”

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.